Die optog van die aftjoppers /Weideman, George
R120.00
Registerperiode.
Neeltjie kap met ‘n liniaal op die tafel om die vroegoggend-rumoer stil te kry. “Goed, mense, hier is die beroepsvraelys wat julle moet voltooi.”
Ag nee, juffrou! Die 8B’s reageer met gebrulkike misnoeë. Ek kyk na die vrae. Vir die soveelste keer dring mense daarop aan om te weet wat ek wil word.
Van: JOUBERT.
Naam: JACQUES.
Ouderdom: Amper skryt ek sestien. Dis nie meer lank nie.
Eerste beroepskeuse: Wat moet ek skryf? Die hoof het vanoggend voor skool in die vierkant omtrent gesmokkel met die vraelys. En die toekoms, die toekoms …
Langs my en agter my kras penne, en ek hoor papier ritsel soos die ander omblaai. Die dokters, rekenaarreuse, ouditeurs, mariene bioloë …
UITVINDER, skryf ek, kom wat wil. Dis wat ek nog altyd wou word. Soos my oom Zak.
Tweede keuse: In keurige drukletters skryf ek ONTDEKKINGSREISIGER.
Derde keuse: SKRYWER. Dis wat Neeltjie dink ek gaan word. Oor my opstelle so verbeeldingryk is.
My vraelys is net voltooi toe die interkom begin piep en kraak. Die hoof maak ‘n aankondiging en begin die name aflees van die standerdagts wat aangewys is om aan die Jong Entrepreneurs-wedstryd deel te neem.
Die eerste twee name is heel voorspelbaar, maar die derde naam is ‘n totale verrassing. Selfs die hoof huiwer ‘n paar sekondes voordat hy lees: “Jacobus Joubert is die skool se derde en laaste inskrywing…”
Jacobus Joubert, Jacobus Joubert. Dit moet ‘n fout wees, ‘n grap. Die hele klas bars uit van die lag, hulle dink ook so.
Ek sal hulle wys! neem ek my voor.
1 in stock
Description
Tafelberg Uitgewers
Derde druk 1997
Sagtebandboek met mooi skildery op voorblad, boek so goed as nuut, blaaie nog mooi en wit
Bandontwerp deur Jacqui Colley, gebaseer op die skildery Kaapse Draai deur Marianne Podlashuc.
Bekroon met die Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur 1994 asook vir die Scheepersprys vir Jeuglektuur 1995.