Die rykaard met die pik / Alan Honour

R55.00

Van kleins af het Heinrich Schliemann daarvan gedroom om Troje, die stad wat Homerus beskryf het, te vind. Sy pa het gese hy is laf – Homerus se verhale is sommer legendes.

In elk geval was die Schliemanns so arm dat Heinrich maar mooitjies sy drome in die doofpot moes stop en uitspring om iets te verdein. Hy word ‘n winkeljonge – ‘n winkeljonge wat met leke beskikbaar duit boeke koop en in elke beskikbare oomblik Grieks leer!

Heinrich het hom voorgeneem om die spook van die armoede eens en vir altyd  uit sy lewe te verdryf. Hy wou die geluk in Amerika gaan soek, maar ly skipbreuk naby die kus van Holland. Dieselfde hawelose skipbreukeling van 1841 wat nie eens ‘n volledige skoolopleiding gehad het nie, is in 1856 ‘n miljoenêr en ‘n kenner van nege tale.

Toe Heinrich eers ‘n ryk man was, het die droom van sy kindertyd weer sterk geword. Van 1870 af lê hy hom daarop toe om Troje te vind…

1 in stock

SKU: JEUG.VERT.SKO.084/14 Category: Tag:

Description

Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers

1962

Hardeband met prent op voorblad, sonder stofomslag

Oorspronklike titel: The unlikely hero – Heinrich Schliemann’s quest for troy

Uit Amerikaans vertaal deur A. Crafford

Bandontwerp deur Gunther Rindfleisch

R35