Description
Uitgewer: Naledi
Datum: Eerste druk 2014
Toestand: Sagteband in splinternuwe toestand
R130.00
Die sideboard is ‘n liefdesverhaal van ‘n man se liefde vir sy familie, sy gemeenskap en vir houtwerk…
Dis die jaar 1939 – ‘n jaar wat die wereld geskiedenis onherroeplik sou verander. Nasies – ook hier in die Unie van Suid-Afrika – oorweeg hul deelname aan wat sou word die mees verwoestende oorlog in mense heugenis. 1939 is ook ‘n waterskeidingsjaar vir die Afrikaner waartydens hy na die depressiejare homself wil her posisioneer ten opsigte van skolastiese opvoeding, die ekonomie en die politiek. En hier aan die suidpunt van die land by George onder die Outenikwaberg, word Abraham tot die besef geruk dat boekgelerentheid belangrik gaan word vir sy onmiddellike nageslag. Hy het drome oor ‘n lewe saam met Stella, die jong onderwyseres op wie hy verlief is. En ‘n familie met kinders wat hy een dag op sy eie grond sal kan grootmaak. So begin Abraham se lewensreis, wat hom sal neem deur vreugde en moeilike tye, deur Sentraal en Noord Afrika, tot by Egipte. ‘n Reis wat hom weer terugbring na George, na die vrugbare grond waar hy patats, bone en blomme kan plant. Waar die bosse teen die berg swarthout en geelhout lewer, waaruit hy ‘n sideboard vir Stella wil maak. Die sideboard word uiteindelik meer as net ‘n meubelstuk as geskenk aan sy vrou. Dit word ‘n soort huisaltaar – ‘n simbool van geloof. Maar die sideboard word – soos Abraham – voortdurend bedreig en byna deur die vuur vernietig. Op Abraham se reis ontmoet ons mense wat ‘n bestaan uit die grond maak, hout uit die bos aandra. Ook die jongmense van die sestigs met ‘n nuwe kultuur – die Ducktails en die Island Eagles – en die krismiskore wat sing deur die feestye. Die sideboard is ‘n liefdesverhaal, van ‘n man se liefde vir sy familie, sy gemeenskap en vir houtwerk. Maar dis veral ‘n verhaal oor Abraham se stryd vir grond, na afloop van ‘n belofte wat aan hom gemaak word. En van ‘n kinderlike geloof, al woed die lewenstorme om jou. Dis ook die verhaal van Abraham se vriendskap met Kobus, die jong Afrikaner wie sy eie probleme het met sy familie, wat anders as hy oor die lewe dink. Die leser sal hierdie reis van Abraham van begin tot end wil meemaak.
1 in stock (can be backordered)
Uitgewer: Naledi
Datum: Eerste druk 2014
Toestand: Sagteband in splinternuwe toestand