Description
Uitgewer: CUM
Datum: Eerste uitgawe 1999
Toestand: Sagteband in goeie toestand
Vertaal: Deur Monica de Vries
Reeks: Nr. 6 in die reeks Hulle wat agterbly
R75.00
Prys is afgebring vanwee waterskade op die boek, blaaie verrimpel maar nog orals leesbaar.
Van die agterblad van Die sluipmoordenaars:
Die mag teen verdrukking is dawerend op pad na die vier moorde wat in die Skrif voorspel word.
Die leier van die Enigma Babilon Eenwêreldgeloof en die twee getuies by die Klaagmuur verkeer al meer in gevaar namate die “regte tyd” naderkom. Daar word voorspel dat die Antichris noodlottig gewond gaan word.
Terwyl ‘n bonatuurlike horde demoniese perderuiters ‘n derde van die oorblywende aardbewoners afmaai, berei die Mag teen die Verdrukking hulle voor om voortaan as vlugtelinge te leef. NOg ‘n lid van die Mag sterf, en ander sluit by die groep aan soos krisisse gelowiges saamsnoer.
Rayfor en die jongste lid van die Mag word deur WG-sekuriteitswagte in Amerika aangeval.
David volhard steeds met sy gevaarlike taak om die WG-hoofkwartier in Nieu-Babilon dop te hou.
Mac en sy nuwe medevlieëniers word aan boord van die Condor 216 in Afrika aangeval.
Hattie word in België opgesluit.
Rayford loop reg in ‘n lokval in Frankryk, ontkom net-net ‘n skietery en die WG-aanvalsvliegtuie in Al Basrah, en beplan sy eie betrokkenheid by die sluipmoord van die Antichris, ‘n voorreg waarom talle meeding.
Geskiedenis en profesie loop hand aan hand in Jerusalem in die middel van die Verdrukking vir die aanskoulikste tafereel nog in die voortgesette drama van hulle wat agterbly.
2 in stock
Uitgewer: CUM
Datum: Eerste uitgawe 1999
Toestand: Sagteband in goeie toestand
Vertaal: Deur Monica de Vries
Reeks: Nr. 6 in die reeks Hulle wat agterbly