Description
El-Greco-Uitgewers
1973
Hardebandboek met mooi liggroen voorblad, boek in puik toestand waarskynlik nooit gelees nie
Omslagtekening en sketse in die boek deur Annelize
R110.00
In Die Towersambreel, is Adoons ’n jong bobbejaanprofeet en die eerste spruit van Septimus en Adina van die Stormberge. Adoons aard na sy grootvader, oupa Towejas, wat ’n groot reputasie onder die trop gehad het, al was hy te eiesinnig na baie bobbejane se sin. Adoons besluit dat daar nie genoeg eer vir ’n profeet in sy eie land is nie en vat die pad. Op sy swerftogte deur die berge kom hy baie diere teen en maak nuwe vriende, maar sy uitgesproke profesieë en akkurate lesing van die weerkaart haal hom ook die gramskap op die hals van menige voëls en diere.
1 in stock
El-Greco-Uitgewers
1973
Hardebandboek met mooi liggroen voorblad, boek in puik toestand waarskynlik nooit gelees nie
Omslagtekening en sketse in die boek deur Annelize