Die skat van Lobengula / Earl Martin

R70.00

Die drie broers Bos bevind hulle in die Kaapkolonie aan die begin van die eeu, pas na die einde van die Boere-oorlog. Hulle is ywerige boere maar die geld is skraps en hul plaas gestroop deur die Engelse. Om geld bymekaar te maak, besluit hulle om olifante te gaan jag in die Noorde – ‘n olifanttand is baie werd. By gebrek aan ‘n wa om hul buit terug te vervoer “leen” hulle die kanon op Mafeking wat as museumstuk bewaar word…

Wat beloof het om bloot ‘n olifantjag te wees, raak skielik meer interessant as die mooi lady Anne Butterfield op die toneel verskyn en hulle op die spoor kom van die skat van Lobengula. Gebeure volg snel opmekaar – en selfs die broers sou nie kon raai wat die einde van die avontuur sou wees nie!

2 in stock

SKU: JEUG.CHB.002/4/7/17; JEUG.(B).DON.010/6/18; JEUG.KAN.022/15 Category:

Description

Uitgewer: Daan Retief

Datum: 1981

Toestand: Boek in hardeband met mooi stofomslag, in puik nuwe toestand

Omslagontwerp: Marie-Louise Mullan