Die twee beertjies / James Reeves

R90.00

Die verhaal is gebaseer op ‘n ou Persiese Volksverhaal.

In die stadjie Allarcand in Persië het daar eenmaal ‘n houtsnyer, Morad en ‘n goudsmid, Jussef, gewoon. Hulle was baie goeie vriende tot op daardie dag dat albei se geldsakke verdwyn het uit die holte onder die vyeboom, waar hulle dit weggesteek het.

Morad het baie goed geweet wie die dief was maar om hom sover te kry om te beken, was ‘n ander saak…

Morad het besef: “Selfs ”n eerlike man moet soms met lis te werk gaan om baas te bly van wat syne is.” En hy dink toe ‘n baie slim plan uit waarin twee jong beertjies wat hy is sy tuin gevang het, ‘n belangrike rol sou speel.

Die Twee beertjies is ‘n boeiende verhaal vir kinders, maar daarby bevat dit veel humor, wat geleë is sowel as die bloemryke Oosterse dialoog as in die koddige situasies.

1 in stock

SKU: JEUG.ALM.016/2/12/20 Category:

Description

Qualitas Uitgewers

Eerste Afrikaanse uitgawe 1979

Hardeband met mooi stofomslag, boek in puik toestand met skoolstempel voorin boek

Tekeninge deur Garethe Floyd

Oorspronklike titel: Two greedy Bears – 1974

Vertaal deur Freda Linde