Die verhaal van Johanna Brandt /Du Toit, Bep

R120.00

Die lewe se meetsnoere het nie altyd vir haar op lieflike plekke geval nie. Die Anglo-Boereoorlog en Johanna Brandt se deelname daaraan is nou verweef met haar en Lou Brandt se besondere liefdesverhaal.

“Dit voel asof ek met ysterkloue aan hierdie grond moet vasklou…” vertel iets van die verskeurdheid wat haar lewe gekenmerk het. Haar stryd teen wat sy ervaar het as onreg het van haar ‘n omstrede figuur gemaak. Met durf en profetiese daadkrag het sy die nog redelik onbekende terrein van natuurgenesing betree, ondanks die beperkende band van haar take as predikantsvrou en moeder.

1 in stock

SKU: GESK.PRO.002/10/21; GESK.PRO.(B).010/23/3/23 Category:

Description

Protea Boekhuis

Eerste uitgawe, eerste druk 1999

Hardeband met gekleurde glansvoorblad in nuwe toestand