Description
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers
Derde Druk 1964
Hardeband sonder stofomslag met kleeflintmerke op binneblaaie boek nog netjies met potloodaantekeninge op verskeie plekke in die boek
R90.00
Die Voortreflike Familie Smit is ‘n meevoerende vertelling oor ‘n boergesin wat stad toe verhuis en hulle daar probeer aanpas, en hule ook nie kan aanpas nie – maar in Oupa se oë ‘n bars voortreflike familie bly.
Oupa, ja: trekleier na die grootstad toe, beliggaming van die familiegees, molesmaker as hy vir sy onderwyser-kleindogter Petro begin kêrel soek. Dan is daar Grietjie, in haar matriekjaar, besig om grootmens te word – sommer so onverhoeds soos ‘n springmielie wat in ‘n ysterpot begin dy en dans en dan in ‘n yslike wil blom ontplof…
En wat van Ouma met haar gepaste spreekwoord vir elke geleentheid, Ma wat altyd die ergste verwag, die werkesel van ‘ n Pa… die tweeling?
2 in stock