Die vrank smaak van frambose / J.M. Gilfillan

R90.00

Met haar debuut van Stiltes en stemme het Gilfillan die Ou Mutual Letterkundeprys verower. Hierdie tweede bundel kortverhale bevestig haar talent en openbaar nuwe fasette van haar kunstenaarskap. Dié keer is die aanslag ligter, die toon minder somber, die klem op aardse vreugdes.

Uit die swaarte van ons bestaan wil hierdie verhale deurbreek na daardie “unbearable lightness” waarin alle pyn gesublimeer word en alle gesukkel wonderlik sinvol word. En dit word vermag deur onvergeetlike persoonlikhede – ook ‘n hele paar engele wat op aarde wandel vermom as doodgewone vroue.

Die vrank smaak van frambose is ‘n belangrike toevoeging tot ‘n genre wat in Afrikaans van krag tot krag gaan.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.001/18/5/23 Category:

Description

Uitgewer:  Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 1993

Toestand: Sagteband met mooi gekleurde voorblad in puik toestand

Bandontwerp: Nina van der Westhuizen