Description
Uitgegee deur Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1978
Hardeband met stofomslag, plakker op rugkant en paar stempels in boek
R90.00
Dis ‘n vreemde droom… Eensklaps verskuif die toneel na Hattie se woonstel, is die vrou in die kort naghempie met die los, deurmekaar hare Hattie self. Haar mond val oop en haar stem is na aan histerie.
“Eveline,” roep sy “kyk die bloed! Wat het jou oorgekom, wat het gebeur? Jou gesig… jou been! Ons moet ‘n dokter kry, die kind se oog… O, my hemel! Stuart Stofberg, wat het jy met haar aangevang, wat het jy aan haar gedoen?”
En Hattie is by haar, vee met haar kaal hande die bloed uit haar oog weg. Daar is taai, warm bloe, sy proe die sout in haar mond…
Out of stock
Uitgegee deur Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1978
Hardeband met stofomslag, plakker op rugkant en paar stempels in boek