Die woestyndokter / Heinz G. Konsalik

R70.00

In die snikhete dorheid van die Arabiese woestyn word ‘n TWA-vliegtuig met honderde vyf en vyftig passasiers aan boord deur kapers neergedwing. Onder die passasiers is ‘n ernstige hartlyer en ‘n swanger vrou wat albei onmiddellike aandag vereis. Tot die Europeërs se grootste verbasing is die dokter wat deur die Arabiese rebelle gestuur word, ‘n Duitser. Hakim pasja (soos Dokter Vandura bekend is) met Laila Hoeseini aan sy sy, voer ‘n keisersnee uit in omstandighede wat byna onmoontlike eise aan sy mediese vernuf stel, en word die held van die wêreld.

Dokter Vendura is teen sy sin gemoeid met die rebellie. Hy verag hulle metodes om hulle ideaal van ‘n Groot Arabiese Ryk te bereik. Hy het hom egter laat ompraat deur Karabasj, die rebellieleier, na sy aankoms in Beiroet en word al hoe meer betrek by die rebellie namate sy liefde vir Laila, “die bruid van die revolusie” toeneem…

Out of stock

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste druk 1972

Oorspronklike titel: Der Wustendoktor

Uit Duits vertaal deur Annatjie Louw

Vorige eienaar se naam is dood getippex op titelbladsy.

Stofomslagontwerp deur Gunther T Schulz

R70