Disa Disa / Peet Venter

R60.00

Daar is die legende van die enkel tweeling met die tweelingsiel, van die Moeder van die Disas wat deur haar minnaar hoog in die berg bewaak word, daar is die makabere menslike offer wat gebring word wanneer die volmaan aan die westerkim hang en die son sy verskyning in die ooste maak. Daar is die duistere voorspelling van die stemme in die grot: Die tyd is naby. Hulle is baie naby aan jou. Hulle gaan Die Een van jou probeer wegneem. Jy sal met jou lewe vir haar veg, want sy is joune. Jy sal oorwin as jy nie van die skerpioen se angel vergeet nie…

Matt Leroux keer terug na Donkerhoek, die erfplaas wat hy nou weer as voorste bosplaas wil vestig. Hy het vol planne en energie teruggekom, maar tref net donkerheid hier aan. Hy weet dat hy te staan gekom het teen iets wat hy nie ken nie. Teen die agtergrond van die Knysnawoud weef Peet Venter ‘n vreemd-aangrypende roman met interessante en buitengewone karakters. Dit is ‘n verhaal vol onderstrominge en dreiging deur bose magte. Dit is die oeroue stryd tussen die goeie en die kwade. En hoog teen die kranse bewaar Moeder van die Disas die geheim – wag op Die Een wat weer bevryding en die lig sal bring…

Out of stock

SKU: FIKSIE.BOE.008/2/18; FIKSIE.JDP.002/10/18 Category:

Description

Uitgewer:  JP van der Walt Bpk

Datum: Eerste druk 1996

Toestand: Sagteband in puik toestand

Omslagontwerp: Marinda Knox