Dokter Vlimmen – veearts / A. Roothaert

R75.00

In Dr. Vlimmen word die interessante gevalle van ‘n veearts so boeiend opgeteken dat dit waarskynlik die rede is vir dié boek se sukses. Ook is daar die boeregemeenskap waarin hy werk,  daar is sy vooraf gedoemde huwelik met ‘n histeriese meisie, die politieke geknoei rondom Vlimmen se moontlike aanstelling by die slagplaas en daar is die valse aanklag wat hom ten laste gelê word. As mens moet Vlimmen leer dat hy nie alleen in die lewe staan nie en as veearts moet hy ontdek dat sy werk vir hom die hoogste ideaal verteenwoordig.

1 in stock

SKU: FIKSIE.DOR.899/17 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Afrikaanse uitgawe 1965

Toestand: Hardeband met omslag wat verweer op die rante toon, boek in stewige en skoon toestand, blaaie vergeel

Oorspronklike titel: Doctor Vlimmen – 1936

Omslagontwerp: Horst Walter na ‘n foto deur Die landbouweekblad

Vertaling: Uit Nederlands vertaal deur Bob van Walsem