Engel vat my hand / Susan Myburgh

R85.00

“My man is dood!”

Dié besef het Susan Myburgh soos ‘n vuishou tussen die oë getref. In die skok en pyn van haar verlies is sy wonderbaarlik gedra, gelei en beskerm deur aardse engele (soos haar vriendin Liz) maar het sy ook die sorg van God se misterieuse boodskappers eerstehands en intens ervaar.

Susan se onbeholpenheid, kragteloosheid en verlatenheid het verander. Sy het geleer om sensitief vir die Anderkant van hierdie  lewe te wees. Engele het haar begelei op haar pad na heelword en opnuut mensword. In hierdie nuwe seisoen word sy beter en meer as wat sy ooit sou kon droom, omdat sy God se liefde daageliks dieper beleef.

Hierdie kort stukkies uit haar hart is nie die inktrane van ‘n weduwee nie maar die ervaringe van ‘n vrou wat oorvloedig en met oorgawe in die hier en die nou lewe, omdat God haar in engelvlerke toevou.

1 in stock

SKU: GEE.COR.113/10/19; GEE.COR.114/10/19 Category:

Description

Corals Publishers

Eerste uitgawe 2017

Sagteband nuut aangekoop

Omslagontwerp: Nicole Schutte