Erdvarkfontein / Tom Dreyer

R90.00

“Geweld,” het Noag gesê, terwyl hy verbete met ‘n ystersaag aan ‘n vaal klont sandsteen saag, “geweld verraai soms die meeste verrassende dinge”. En met dié was die saaglem deur die klip, en daarbinne, totaal onverwags, die kristalfyn spiraal van ‘n gefossileerde skulp.

Erdvarkfonteint is ‘n dorpie onder die steekson van die Kalahari. Goed en boos is hier in ‘ n verbete stryd  gewikkel, terwyl intriges soos stofduiwels dans: wanneer twee skuimbolle sersant Springbok Bergmann in ‘n kleinhuisie betrap, volg ‘n orgie van geweld waarin selfs sy troetelvark, Heimi, die spit afbyt. ‘n Hondresies en ‘n paar slinkse misdadigers se poging om uit die tronk te ontsnap, lei eweneens tot vuurwerke. ‘n Idealistiese jong man, Migiel, en sy geliefkoosde hoender, Clutchkop, neem die wïreld op horings tydens ‘n besoek aan ‘n rare nagklub, Die magneet. En einste Migiel raak betrokke by ‘n ongewone bankroof op Upington…

Erdvarkfontein is ‘n oop roman met filmiese aksie. Bloedig snaaks en onvoorspelbaar, dié debuut van Tom Dreyer, vanjaar se M-Net beurswenner vir Skeppende Skryfwerk.

1 in stock

SKU: FIKSIE.AND.001/1/24; FIKSIE.NWR.009/4/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1998

Toestand: Sagteband splinternuut, naam van vorige eienaar voorin boek