Hy het my Eva genoem : ‘n Historiese roman /Vermeulen, Irma

R120.00

“Dan is dit wat agter die Leeuberg is! Almal spring op. Almal hardloop nou, almal wil eerste bo-op die Leeu wees om ver oor die see te kyk na die Groot Voël.” Dit is die reaksie onder die Hottentotte wanneer Van Riebeeck en sy geselskap Tafelbaai invaar in 1652. Net een van hulle, Herry, die kaptein van die strandlopers, het reeds kennis gemaak met die Bleekmense. Vir die adner Hottentotte hou hierdie wesens ‘n vreemde bekoring in. Hulle lyk so anders met hulle lang hare en hulle voete wat swart en spitsis, met hoewe soos die van ‘n steenbok.

Wanneer Krotoa, die Hottentotmeisie uit Herry se kraal, dan ook voor hierdie bekoring swig en haar by die vreemdelinge aansluit, moet sy ‘ n gedaanteverwisseling ondergaan. Saam met die Bleekmensklere en -gewoontes moet sy ‘n hele nuwe lewensbeskouing aanleer. ‘n Innerlike tweestryd ontstaan in Krotoa tussen die twee pole: haar ingebore Hottentotsiel en die geidealiseerde beeld van die Bleekmense wat sy in haar self probeer verwesenlik.

Hierdie konflik teken Irma Vermeulen met groot deernis.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.005/14/2/21 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste druk 1973

Hardeband met stofomslag boek nog skoon en netjies