In die voetspore van die grotes / Badenhorst, Johan en Janse van Rensburg, Rey

R110.00

Hierdie boek is gedruk op glanspapier en het heelwat volkleurfoto’s in die boek. Die Voetspore-span se roete het begin by Kaap Kruis aan die Atlantiese oseaan, dan deur die Skedelkuspark en die Kaokoveld met die woestynolifante – die seldsaamste van die Afrika-grotes. Van daar af gaan die roete in ‘n halfmaan oor die subkontinent deur die Etosha Nasionale Park, die Kaudom-Wildtuin, die Okavango-pypsteel, die Moremi- en Chobo-wildtuin in Botswana, by die Victoria-waterval verby, deur die Hwange-park, die Tuli-blok, die Limpopo-vallei, Venda en Gazankulu, die Kruger-Wildtuin, Swaziland, Suid-Mosambiek en eindig in Noord-KwaZulu-Natal aan die Indiese Oseaan.

In die Voetspore van die Grotes is gebaseer io due avontuurdokumentêr wat op KykNet uitgesaai is.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.DRE.012/6/20/24 Category:

Description

Lapa Uitgewers

Eerste druk 2001

Oranjerige sagtebandboek in mooi toestand, boodskap aan ‘n vorige eienaar voorin die boek geskryf