In landsbelang /van der Merwe, Quintus

R180.00

n Politieke spanningsverhaal met Johan Castelyn, wat in Die blou van ons hemel sy eerste verskyning gemaak het, as hoofkarakter. Ná twee jaar gevangenisskap in Togo weens wapensmokkelary word Johan onverwags vrygelaat – op voorwaarde dat hy as diplomaat in Parys op die nuwe ambassadeur, Nerine Cloete, sal spioeneer. Kort voor haar aanstelling was Nerine, ’n lid van die opposisie, op die punt om ’n wapenskandaal oop te vlek. Nou moet sy egter buite partyverband optree – en Johan is daar om seker te maak dit gebeur. Terwyl die kantoor van die Suid-Afrikaanse staatspresident ontken dat hy in Parys was, doen gerugte die ronde dat daar foto’s bestaan van hom saam met ’n prostituut ten tye van wapenonderhandelings. Nerine besef dat die ambassade rekords sou hou van die wapenonderhandelings en Johan word teen sy sin betrek in ’n soektog na bewysstukke. Waartoe wend jy jou wanneer jy vermoed die staatspresident lieg? En watter optrede is geregverdig – mits dit geskied “in landsbelang”?

1 in stock

SKU: FIKSIE.NUUT.010/8/22 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 2010

Sagteband splinternuut