Jasper die speurder / C.F. Beyers-Boshoff

R100.00

Hierdie is die vierde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Leliesvlei se boere word deur skaapdiewe geteiken en die polisie sukkel om die skuldiges vas te trek. Jasper besluit dis die ideale geleentheid om sy speursin op die proef te stel – hy wou tog nog altyd ‘n bobaasspeurder word. Kan hy die nodige inligting vir die polisie in die hande kry? En kan hy die speurder-sersant en sy vrou uit die kloue van die boewe red?

Kom deel in die avonture van Jasper!

Out of stock

SKU: JEUG.KAR.012/9/2/23 Category:

Description

JP van der Walt en seun

Sesde druk 1978

Hardebandboek sonder stofomslag, boek in baie mooi toestand flapteks op agterblad geplak

Jasper-reeks nr. 4