Juan en die bidspringkaan / Thana de Klerk

R200.00

Die tweeling Juan en Lienke woon op ’n pragtige stranddorpie aan die Weskus van Suid-Afrika waar hulle elke dag kennis maak met die siklusse van die natuur – nie net van die see nie, maar ook van die diertjies wat in hul tuin woon. Op ’n dag ontdek Juan een van die mooiste insekte wat hy nog ooit gesien het, ’n bidsprinkaan wat hy Annelien noem. Hy besluit om haar as ’n troeteldier in ’n hokkie aan te hou. Later vang hy vir haar ’n maatjie wat hy Marius doop. Maar niks wat Juan vir dié twee beplan het, werk uit nie. Die natuur laat hom nie voorskryf nie. Sy sussie is in sy hartseerste oomblikke sy grootste steunpilaar.

Juan en die bidsprinkaan is ’n boek vir kinders (en hul ouers) oor omgee, liefde, begrip, hartseer en verlies, aanvaarding en hoop. En oor omgewingsmagte waarvan ons as mense deel vorm.

 

3 in stock (can be backordered)

SKU: KIN.TVY.001-004/5/23/22 Categories: ,

Description

Turksvy Publikasies
Eerste uitgawe, eerste druk 2021

Illustreerder Jan Vermeiren

Sagteband boek A4 groote splinternuut