Description
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1997
Sagtebandboek in netjiese toestand
Finalis van Mnet se Boekprys
R75.00
Na sy susters Julia se dood probeer Thys haar beter verstaan. Vreemd in haar woonstel en haar omgewing, en oortuig dat daar een of ander geheim rondom haar dood is, begin hy om kontak te maak met haar vriende. Begin hy om in haar voetspore te loop. Want hy besef vir die eerste keer dat hy Julia nie regtig geken het nie.
Tydens haar besoek aan die plaas waar hy en Julia grootgeword het, dink Thys terug oor hul kinderdae eh hul ouers. Maar steeds is dit asof stukkies van die legkaart ontbreek. Asof iets hom bly ontwyk, en iets hom bly trek…
‘n Fyningestemde debuutroman waarin een mens ontdek dat die soektog na die antwoord op ‘n ander se geheim hom telkens voor homself te staan bring.
Annelize van Rooyen is ook die outeur van Die Afrikaanse naamboek.
1 in stock
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1997
Sagtebandboek in netjiese toestand
Finalis van Mnet se Boekprys