Kambro: ‘n bundel in ligte trant / Francois Stemmet

R120.00

Kambro is die produk van jare se luister.

Enige familie het stories en ons Afrikaners het oor die laaste klompie jare toegelaat dat ons stories verdwyn. Met elke geslag wat afsterf, raak ons stories minder. Die ryk skat raak kleiner en ek het gevoel ek wil my deel doen om dit op te teken.

Hierdiebundel is ook daarop gemik om aan studente en professionele kunstenaars materiaal te verskaf vir eenmansvertonings. Dit word in ‘n ligte trant vertel en probeer nie om iets meer te wees as net storietjies nie. Ek hoop my pogings bring ‘n glimlag in jou dag…

Hierdie bundel bestaan uit 42 stories van so tussen 3 en 4 bladsye lank. Heerlike vertelstories.

2 in stock

SKU: HUMOR.FRS.001/15 Category: Tags: , , ,

Description

Uitgegee deur Publiself Uitgewers

Tweede druk Oktober 2009

Sagteband met mooi foto van skrywer op voorblad – splinternuut

R120