Kaptein Kristin: Narcissus / wille Martin

R65.00

Kaptein Kristin is in die knyp en dié slag besluit Alex Brutus en die ander manne vna die rekenaarskip, Narcissus, om die strydbyl te begrawe en haar te red, waar sy ook al mag wees.

Om te wete te kom waar sy haar bevind, is moeiliker as wat hulle kan raai, wat sy het in die hande van die gewetenlose Natan geval, ‘n sinistere wese wat skynbaar alles weet wat in die Heelal aangaan.

In hul pogings om Kristin te vind, beleef Staal, Kosmo, Flynne en Alex sowel as die kryger-vroue van die Aarde, allerhande opwindende, fantasiese avonture. In die plek van Kristin, is die androïed, Kristin se dubbelganger, ‘n toevoeging tot hul geledere…

Hierdie boek is in die kategorie Wetenskapsfiksie: Die ander twee boeke in die reeks se titels is:

Kaptein Kristin: Planeet Drie en Kaptein Kristin: Atlantis

2 in stock

SKU: JEUG.ALG.555/16; JEUG.MIK.017/12/16 Category: Tag:

Description

Uitgewer: Klub Saffier

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1982

Toestand: Hardeband met stofomslag, stukkie bo en onderaan omslag uitgeskeur soos op foto te siene

Reeks:  Kaptein Kristin reeks nr. 3