Description
Uitgewer: Voortrekkerpers
Datum: Sesde druk, Jan 1964
Toestand: Hardeband met stofomslag, boek in nuwe ongebruikte toestand met skoolstempel voorin
Reeks: Hierdie boek is nommer 3 in die reeks.
Original price was: R80.00.R60.00Current price is: R60.00.
Daar is al meermale gesê hoe armer ‘n landstreek is, hoe groter is die houvas wat daardie bodeom op sy kinders het. Soos sy vader (Neels Landman in Fata Morgana) het Diepfontein ook ‘n grenslose liefde by Marius Lindeman gewek. Diepfontein, die plaas in die Noordweste, wat reeds drie geslagte lank in die familie is, moet ook in die vierde geslag in besig van ‘n Lindeman bly, maar die pynlike huweliksherdenking van sy vader het hom bang gemaak vir die egband – totdat hy vir Estelle ontmoet het: die teer-fyne en sagte Estelle. Wonderlik mooi was hulle liefdesgeluk en hul twee seuns was waaragtig ‘n bron van vreugde.
Soos sy vader voor hom sou ook Marius aanvanklik diep uit die geluksbeker drink as kontras teen die eindelose reeks rampe wat daarna die eienaar van Diepfontein sou tref. Met meeslepende innigheid en tere aanvoeling skets Elizabeth Vermeulen die weergalose selfloosheid waartoe die ware liefde in staat is. Reënboog in die skemering is ‘n voortreflike en leersame roman wat op dieselfde vlak beweeg as sy twee voorgangers, Towergoud: 1864-1884 – nr. 1 en Fata Morgana: 1885 – 1905 – nr. 2, waarop dit ‘n vervolg is.
1 in stock
Uitgewer: Voortrekkerpers
Datum: Sesde druk, Jan 1964
Toestand: Hardeband met stofomslag, boek in nuwe ongebruikte toestand met skoolstempel voorin
Reeks: Hierdie boek is nommer 3 in die reeks.