Description
Uitgewer: HAUM opvoedkundige Uitgewers
Datum:Eerste uitgawe, eerste druk 1986
Toestand: Hardeband met gekleurde glansvoorblad in puik toestand, naam van vorige eienaar voorin, boekinhoud nog skoon en netjies
R120.00
PRaktiese en deeglik gefundeerde leiding oor leesstof vir kinders is skaars in Afrikaans. In dié publikasie sal die leser egter veel meer as net noodsaaklike riglyne aantref.
In 20 maklik leesbare hoofstukke vind die studen, onderwyser, ouer of belangstellende uitgers insiggewende inligting wat ‘n wye spektrum dek oor die kind as ontwikkelende mens, oor die kind as leser en oor die kind en sy boekewêreld. Antwoorde word verskaf op talle vrae wat ouers en opvoeders gereeld stel. Die boek vorm ‘n aaneenlopende geheel en beskryf die kind se leesontwikkeling van sy vroegste jare, die nie-leesstadium tot wanneer hy letterkunde-onderrig ontvang in die primêre skool. Daar word kennis gemaak met die verskillende soorte verale en kinderboeke. Elke hoofstuk bring ‘n nuwe faset na vore, en verskaf ‘n onontbeerlike en prikkelende leeslys.
Die skrywer van hierdie boek, prof Carl Lohann was Direkteur van die Instituut vir Navorsing in Kinderlektuur aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, ‘n bekende dosent, spreker en skrywer van kinderboeke. Hy is verder ook samesteller van ‘n interessante reeks televisieprogramme oor die Afrikaanse kinderboek. Hier is inderdaad ‘n gesaghebbende aan die woord.
Out of stock
Uitgewer: HAUM opvoedkundige Uitgewers
Datum:Eerste uitgawe, eerste druk 1986
Toestand: Hardeband met gekleurde glansvoorblad in puik toestand, naam van vorige eienaar voorin, boekinhoud nog skoon en netjies