Kleuters leer klank-klank lees / Truida Joubert

R130.00

Is jy ‘n tuisskoolmamma wat ‘n kind moet leer lees?  Of is jy ‘n mamma wat sit met jou hande in die hare omdat jou kind sukkel om te lees?

Ek het Tannie Truida Joubert van Ceres ongeveer in 2004 ontmoet op 95 jarige leeftyd haar tweede boek laat druk om kinders te leer lees!

Sy sê: “Leer ‘n jong kind lees op die klankmetode en jy sukkel nooit in die toekoms met lees nie.” Tannie Truida se raad aan onderwysers en ouers en oppassers is: “Studente wat met kleuters werk moet hierdie metode aanleer, maar ongelukkig kan hulself nie klank nie…”

Verder vertel tannie Truida: “Ek is nou besig met ‘n aandag afleibare dogtertjie en met die hulp van haar ma en 6 leeslessies kan sy eenvoudige sinne lees.”

 

Available on back-order

Description

Uitgegee deur die skrywer Truida Joubert
Ceres
2022

Die boek bevat volkleursketse om die klinkers en medeklinkers te verduidelik.