Koning Henry / Carina Diederichs-Hugo

R60.00

Daar’s net een ding (behalwe Coke en oliebollel) wat Henry de Vries laat tiek: rekenaars. Wat hom betref, kan ‘n mens alles wat jy nodig het op die Internet kry. As hy voor die rekenaar sit, verdwyn sy pa se snedige aanmerkings, ouboet Bertus se lang lys van prestasies wat gereeld onder sy neus gevryf word, die rugby-oefeninge waar hy so aftjop, selfs die nuwe meisiekind in die rekenaarklas wat hom so irriteer. ‘n Mens kan ook vriende maak op die Internet, soos nou met die Riaan-ou wat hy in ‘n chat room ontmoet het. Riaan is nou wel ‘n bietjie ouers as hy, maar hy’s die enigste mense wat hom werklik verstaan.

Soos met haar Thomas@-boeke skep Carina Diederichs-Hugo ‘n virtuele wêreld waarin enigiets moontlik is, waarin die grens tussen werklikheid en skyn vervaag en ineenvloed… ‘n wêreld waarin jy kan verdwyn.

 

Out of stock

SKU: JEUG.BHC.003/3/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Sewende druk 2011

Toestand: Sagteband met gekleurde glansvoorblad in mooi toestand, boek het egter binne in teks heelwat onderstreping in gekleurde kokipenne maar boek nog stewig en netjies verder.

Omslagontwerp: Lauar Oliver