Sale!

Kort voor cul de sac / Franci Greyling

R80.00

Theo. Boetman. My blonde boetie. Theo wat in standerd ses opgehou het met rugby, in standerd sewe met kunsklasse, in standerd agt nie wiskunde wou neem nie, in standerd nege vir hom ‘n oorring laat insit het. Theo wat verlede Vrydag vir Pa staan en skreeu het, sy klere gevat en padgegee het.
Pa wat sê ons moet vir Theo los dat hy kan bewys wat hy wil bewys. Ma wat sê dit het mos al vantevore gebeur, hy sal terugkom sodat hy afgekoel het. Maar dis nou al meer as ‘n week, amper twee weke…

1 in stock

SKU: JEUG.LIN.007/8/9/23 Category:

Description

Tafelberg

Tweede druk 1994

Sagteband in mooi en skoon toestand, stempel  van skool voorin boek, pen regmerkie op voorblad

Skaars boek

Omslag-illustrasie: Jacqui Colley