La Fantaisie / Wille Martin

R70.00

Net voordat Annemarie Tield, ‘n hollandse weeskind, uit Antwerpen na die Kaap de Goede vertrek, loop sy haar byna letterlik in haar ewebeeld, Mariëlle Darrieux, vas.

Mariëlle, ‘n ryk, verwende meisie, is met die handskoen getroud en op pad na haar man, die eienaar van die Kaapse spogplaas La Fantaisie. Sy is egter verlief op ‘n jong luitenant en bied Annemarie die kans om haar plek te neem en die vrou van La Fantaisie te word. Gedurende die reis ontmoet Annemarie ene Etienne de Villiers, ‘n broer van die man wie se vrou sy gan word – en raak onmiddellik op hom verlief.

Wanneer hulle in die Kaap aankom, hoor hulle Frans de Villiers, die eienaar van La Fantaisie, is dood. Dit beteken dat Annamarie en en Etienne mag trou en saam op La Fantaisie kan gaan boer.

In La Fantaisie veroorsaak die bedrog tussen Annemarie en Mariëlle onverwags talle vraagstukke, veral wanner Annemarie ontvoer word.

Die kinkels en kabels deur die lewenswyse van die Ou Kaap, waar pragtige klere en eksotiese geregte deel van die mense se bestaan is. Hierdie is ‘n opwindende verhaal maar ook ‘n woordskildery van die kleredrag, meubels, gewoontes en hebsug wat die Kaap de Goede Hop so ‘n betowerende plek gemaak het.

Out of stock

SKU: FIKSIE.APR.016/6/19 Category:

Description

Klub Saffier

Eerste uitgawe eerste druk 1984

Hardeband met mooi voorblad boek in netjiese toestand blaaie effens vergeel

Stofomslag: Walter Wyles