Laat ons veg /Kilian, JD

R150.00

In Laat ons veg, word die oorlogservarings van Petrus Kilian  op boeiende en interessante wyse vertel deur sy seun, ds. JD Kilian – die Oubasie in die boek.

‘n Mens word in hierdie werk dadelik getref deur die integriteit van die verteller. Deurgaans voel ‘n mens die verteller se liefde en ontsag vir die waarheid aan. Die leser twyfel nooit of die mededeling fiksie of waarheid is nie.

Die boek bevat verder historiese feite wat in geen ander geskiedkundige werk of herinnering voorkom nie nie. Die historici wat in die Afrikaner se vryheidstryd – oor jare heen belangstel, sal in hierdie boek belangrike aanvullende gegewens en feite vind wat bestaande werke kan verhelder.

Voor sy dood het hy sy oorlogsherinneringe laat opteken deur sy jongste seun, Nico.

Die boek word ingedeel onder die volgende hofies en fotos:

  1. Kinder- en jeugjare
  2.  My eerste oorlogsondervindinge (foto skets van Paul Kruger)
  3. My huwelik en my droefheid
  4. Transvaal se eerste Vryheidsoorlog – foto van genl Piet Joubert
  5. Amajuba met foto van genl Colley
  6. My derde huwelik en die oorlog teen Mapog – foto van MapogDie Anglo-Boereoorlog 1899-1902 – foto van Longtom
  7. Die slag van Colenso
  8. Die geveg op Spioenkop
  9. Die slag van Bosrand – foto van Genl Piet Joubert en personeel in die veld
  10. My verplettering
  11. Sal ek verder probeer veg? – Foto van my kunsarm
  12. Die Guerillastryd
  13. Die slag van Bothaskraal
  14. Die groot Ramkraal- met foto van MT Steyn op die slagveld  en burgers op kommando

Out of stock

SKU: GESK.ELV.014/1/24; GESK.(B)./20/27/10/22 Category:

Description

Perskor

Eerste uitgawe eerste druk 1975

Hardebandboek met stofomslag, effense verweer op hoeke en rugkant, bladsye vergeel, met ligte vlekke op boonste rant