Landskap met vroue en slang / Lettie Viljoen
R210.00 Original price was: R210.00.R180.00Current price is: R180.00.
Lena Bergh is ‘n skilder wat hunker na die sublieme landskap. Sy verlang na ‘n ánder landskap as die subtropiese voorstede waar sy haar bevind. In hierdie roman word sy in haar wisselende verhoudings met ‘n aantal mense óm haar uitgebeeld. Op haar roete deur die welige parke en tuine van die stad word Lena vergesel deur haar vriende, die gedrewe skrywer Mara Darboven, en die eiesinnige digter Keet. Die beswerende stemme van dokter Kafka en Martjie verbind haar daagliks met die droefheid van die volk daarbuite. Die leser leer die obsessies ken van Lena se buurvrou, Molly Bloem, by wie Johnny Deventer loseer om om uit te vars. Dit is maar enkele van die figure wat Lettie Viljoen in Landskap met vroue en slang met haar kenmerkende kombinasie van deerns en humor uitbeeld. Een van die belangrikste verhoudings in die riman is dié tussen Lena en haar man, Jack de Leeuw. Op gewone en indringende wyse word hierdie intieme verhouding uitgebeeld. Lettie Viljoen se nuwe roman is ‘n kragtoer van poëtiese intensiteit. Verskeie landskappe, karakters en verhale word gejukstaponeer en ineengevleg in ‘n boeiende ontdekkingstog wat op verskeie blakke geskied: uiterlik en innerlik, die aardse en die geestelike, die intellektuele en die erotiese. In ‘n vertelling waarin ironieë, humor en eksistensiële insigte, mitiese elemente en magiese oombliklikke ryklik vermeng is, raak die grense vloeibaar tussen wat moontlik en nie moontlik is nie.
1 in stock