Description
HAUM
Eerste uitgawe eerste druk 1979
Hardeband met mooi stofomslag – behalwe vir skoolstempels is boek in bykans nuwe toestand
R85.00
Malgas, rasegte, trotse Arabier, maar tog by uitnemendheid pure Boerperd, oorlogsperd. Leierperd in talle gevegte, deur baie bewonder, deur vele gehaat. Die verhaal is dié van ‘n besondere oorlogsperd, maar ook van veel meer…
Van die Driejarige Oorlog, van veg en vlug, van leef in klowe en grotte, velskoene maak, skuilhou, oorlogvoer, van rapportry na die veldkornet, van Engelse kampe op die plaas Kafferskraal, van landros J.N. de Beer, seun van die grondlegger van dié De Beers-maatskappy.
Ons leer ken veldkornet “Lang” Hans Snyman, generaal Piet Cronjé, ook generaal Kemp, die “vegjas wat geen vrees geken het nie”.
Dit is ook die verhaal van ‘n Engelse gentleman, kolonel Kinsman, van die Vierkleur van Zeerust – die outentieke weergawe van hoe die skrywer se oupa-hulle in die omgewing van Klein-Marica met die vyand slaags was. Sentraal in die tema is Malgas, die Basoetolandse Arabier, die trots van die skrywer se voorsate en van Klein-Marico.
Out of stock
HAUM
Eerste uitgawe eerste druk 1979
Hardeband met mooi stofomslag – behalwe vir skoolstempels is boek in bykans nuwe toestand