Manaka: Plek van die horings /Pieterse, Pieter

R300.00

Pieter Pieterse se nagelate roman speel af in die hart van Afrika. Dit is beleë Pieterse, gekenmerk deur sy humor asook deur sy diepgang en besinning.

Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terriër trek hy saam met transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes.

1 in stock

SKU: FIKSIE.CSV.001/8/24 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2005

Sagteband in puik nuwe toestand, naam van vorrige eienaar met pen op titelblad

Bandontwerp: Johan van Wyk