Description
Tafelberg uitgewers
Eerste uitgawe, eerste druk 1990
Sagteband in puik nutwe toestand
Omslagontwerp: Malcolm W. Bates
R120.00
Toe Silwer die wit bakkie sien stilhou, steur sy haar nie veel daaraan nie. Die jakkalse van Kaap Kruis is gewoond aan mense en voertuie. Sy hou met krap – agter haar blaaie, om haar nek, onder haar keel. Want ook in haar, die grootste jakkals in die Namib, het ‘n dodelike parasiet begin vreet.
Sy sien nie die geweerloop wat stadig by die venster gesteek word nie. Maar van die dowwe slag van die skoot weet sy. En van die versengende brand in haar boud…
So kom die eerste ontmoeting tussen Silwer en die twee jong veldbeamptes, Soois Fenske en Juanita Dala, wat brandsiek jakkalse naspoor.
Dit loop uit op ‘n spannende, lewensgevaarlike soektog deur ‘n onherbergsame langskap. Maar wie is die jagter en wie is die voortvlugtige?
Out of stock
Tafelberg uitgewers
Eerste uitgawe, eerste druk 1990
Sagteband in puik nutwe toestand
Omslagontwerp: Malcolm W. Bates