Meeu-Eiland antwoord nie: Die storie van vyf dae/Rompel, Hans

R230.00

Meeu-Eiland antwoord nie deur Hans Rompel is ‘n verhaal wat in vyf spanningsvolle dae afspeel. Die lotgevalle van ‘n klein groepie mense in die enigste hotel op Meeu-eiland word op ‘n aangrypende wyse vertel. Die atmosfeer is gelaai, die spanning loop hoog en die leser leer elke karakter onder hierdie byna onnatuurlike omstandighede ken. ‘n Geheimsinnige atmosfeer  heers voortdurend, asof iets vreesliks gaan gebeur. Dit gebeur dan ook, maar glad nie soos die leser verwag het nie. Geweldige storms en rukwinde kom op en die eiland word stadig van die buitewêreld afgesny en begin onder die see verdwyn. En dit is tydens hierdie angsvolle ure dat die skrywer die innerlike lewens van elkeen van die pers0ne in die verhaal aan die leser blootlê. Wanneer die dood hulle in die gesig staar, kom elkeen se ware kleure na vore. Sommige persone vind mekaar, ander word ontnugter.

Rompel het in hierdie spanningsverhaal besonder goed daarin geslaag om die leser se aandag van die eerste woord tot die laaste vas te gryp en nie weer los te laat nie. Dit is ‘n besondere tema en ‘n besondere verhaal.

1 in stock

SKU: FIKSIE.CON.005/5/24 Category:

Description

Afrikaanse Persboekhandel

Geen datum in die boek nie

Plakker voorin boek – boekblaaie is nog styf, lyk of die boek nooit gelees is nie