Moleste op Groen Heuwels / Annette Spence

R220.00

Op Rita Roux en haar vriende van Groen Heuwels, die gesellige ryskool van die Liebenbergs, wag daar baie avontuur en spanning. Die eerste opgewondenheid is te danke aan die groot geskenk wat Rita se pa ‘n maand gelede van oubaas Gerber vir haar gekoop het – ‘n Palomino-ponie met die naam Mooinooi, ‘n pragtige merrie wat sommer van die eerste dag af Rita se hart gesteel het. Maar toe steek moeilikheid sy kop uit. Oubaas Gerber se seun, Henk, sê dat daar êrens ‘n misverstand met die verkoop van Mooinooi ingesluip het! Die  Palomino-merrie het nie aan sy pa behoort nie maar aan hom. Oubaas Gerber het dus geen reg gehad om sy seun se ponie te verkoop nie en Henk het daarop aangedring dat hy die ponie terug wil koop.

Vir Rita was hierdie nuus so ‘n skok dat trane dadelik in haar oë wou blink, maar haar pa, Rian Roux, het die saak nie so gou gewonne gegee nie. Die verkoop was ‘n wetlike transaksie en hy gaan nie toelaat dat sy dogter vir Mooinooi verloor nie… Hierna  het die son weer vir Rita geskyn en Anton Liebenberg en die ander was saam met haar bly hieroor..

Out of stock

SKU: JEUG.CDON.004/10/23 Category:

Description

Uitgewer: JP van der Walt en seun Bpk.

Datum: 1977

Hardebandboek met mooi omslag, boekblaaie is nog skoon en styf – dalk nooit gelees nie

Met illustrasies en bandtekening deur die skrywer

Bitter skaars en baie gewild

Reeks: Groen Heuwels reeks (4 in die reeks)