As die stroom jou vat: die raaisel van selfmoord / Jeanne Els

R110.00

As die stroom jou vat is, soos Jeanne Els se werk oor depressie, Ligdans, ‘n eerlike en pront vertelling, dié slag oor selfmoord.

Dit is in die eerste instansie haar verhaal maar ook bekendes soos Steve Hofmeyr vertel hierin van hulle desperate stryd. Dit is noodwendig ook die verhaal van vriende, kollegas, selfs mense wat nie die slagoffers geken het nie – wat met soveel vrae en pyn agterbly, die verhaal van laaste woord wat dikwels net nog uitmergelende vrae laat…

Op al dié skreiende vrae – die raaisel van selfmoord – bied ‘n psigiater en ‘n sielkundige ‘n kennersperspektief, en hierdie veelheid van stemme – sensitief, ontredderd, pleitend maar ook nugter en kundig – maak van Jeanne Els se boek ‘n onontbeerlike gids vir elkeen wie se lewe deur selfbeëindiging geraak word.

2 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.EDA.057/13/06/22; NIE-FIKSIE.RON.(B).011/25/9/23 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 2011

Toestand: Sagteband in splinternuwe toestand

Omslagontwerp: Anton Sassenberg