My eerste elektroniese boek met vrae en antwoorde : Kom ons leer van Diere

R180.00

Dit is nooit te vroeg vir die jongspan om te begin leer hoe om met n muis te werk nie! n Vrolike vraag-en-antwoord boek met n muis wat geluide maak om aan te dui of die vrae reg of verkeerd beantwoord is. Gebruik die wondermuis wat by die boek ingesluit is, om jou antwoorde te toets. Plaas die wondermuis se neus op jou antwoord, druk die geel knoppie en as dit reg is, sal die groen lig op die muis aangaan. en jy sal hoor Ra ta ta taaa! Maar as dit verkeerd is, sal die rooi lig aangaan en die muis sal Oooooo maak…

 

Die bladsye binne die boek is van hoogstaande gehalte en is kartonblaaie propvol volkleur prente. Die boek is ingedeel in die volgende hoofstukke met dierename in elke afdeling te kies en te keur met bypassende volkleurprente van die diere…

Die plaas

Die oerwoud

Die see

Die noorpool

Die woestyn

Die bos

 

Also available in English: Let’s Learn About Animals

 

Out of stock

Description

Uitgewer: Penstock Publishing

ISBN: 978-0-620-40975-9

Formaat: Kussing-hardeband. Sluit muis in wat met battery werk

Klassifikasie: Kinder/Opvoedkundig

Prys: R180,00