Description
JP van der Walt en Seun
Eerste Uitgawe 1991,
Hardebandboek goeie toestand,
Illustrasies deur Rassie Erasmus
R90.00
Ansie Tredoux se pa wat ‘n ondekkingsreiseger was aan Kaap die Goeie Hoop en sy vrou wou altyd graag van sy ontdekkingstogte meemaak.
Voordat haar wens egter bewaarheid kan word, sterf hy. Toe haar oom, die Goewerneur van die Kaap, dus ?n ekspedisie stuur om die onbekende stuk land noordwes van die Grootrivier te verken, gryp sy die geleentheid met albei hande aan en oorreed hom om haar saam te stuur. Haar eintlike belangstelling lê egter in die geheimsinnige stam wat volgens oorlewering iewers in dié landstreek in ‘n stad tussen die duine woon. Sy wil hulle opspoor en ‘n boek oor hulle skryf. Hoewel die ander ekspedisie-lede vir haar lag en met haar geheimsinnige stam spot, is Ansie vasbeslote om die mense op te spoor.
Dit doen sy ook dan toe sy op ‘n dag in die woestyn verdwaal en deur die stamlede gered en in hulle stad, Somi, gebring word. Al probleem is dat as jy eenmaal in Semi is, jy dit nie weer mag verlaat nie. Boonop verdink die aantreklike prins van Somi haar daarvan dat sy en een van die ander lede van die ekspedisie ‘n slinkse plan beraam het om Somi van sy skatte te beroof. Met hierdie avontuurlike, romantiese verhaal, ‘n Prinses vir Somi, het Sarah du Pisanie ‘n waardige vervolg vir Prins van die duine geskryf, waarin ware liefde seëvier, ondanks agterdog en afsydigheid.
Out of stock
JP van der Walt en Seun
Eerste Uitgawe 1991,
Hardebandboek goeie toestand,
Illustrasies deur Rassie Erasmus