Fort van die Kappiedraers / Du Pisanie, Sarah

R90.00

Toe Stieneke Kitshoff besluit om die geborgenheid en gemak van haar ouerhuis op Stellenbosch te verruil om vir ‘n paar kinders op ‘n eensame plaas in Suidwes?Afrika private onderrig te gee, was sy onbewus van wat op haar gewag het.
Op die buurplaas van Piet Coetzee waar sy onderrig gaan gee, was Teuns Marais. Teuns wat haar op Stellenbosch, waar hulle
saam studeer het, laat belowe het dat sy Suidwes toe sou kom sodat hulle kon trou.
Stieneke se aankoms in Suidwes val egter saam met ‘n Herero-opstand en berigte van geplunderde plaashuise, vermoorde mans, vroue en kinders en ander wat die wildernis in gedryf is.
Saam met die Coetzee-gesin en nog ander vlugtende vroue en kinders soek Stieneke-hulle skuiling in ‘n verlate fort op Ovikokorero. Hier sou Stieneke haar fyn en beskermde opvoeding meer as een dag verwens, wanneer sy met die bekwaamheid en bedrewenheid van die vroue en meisies van hierdie harde wêreld kennis gemaak het. Magtelose woede het haar lam gelaat wanneer die reuse en geharde Jaap Venter met haar onbeholpenheid die spot gedryf het. Sy leer boonop die pragtige, lenige Karo ken – bedrewe in die hantering van ‘n geweer, ‘n kranige ruiter en alles wat ‘n man in hierdie harde wêreld van ‘n vrou kan begeer. Boonop hoor sy dat Teuns knaend by Karo gekuier het. Sou dit die rede wees waarom Teuns juis skielik op ‘n jagtog vertrek het met Stieneke se aankoms in Suidwes?

Die leser loop saam met Stieneke op die harde pad om haarself te bewys aan die mense om haar, wil saam met haar tou opgooi en liewer na die beskawing terugkeer.  Maar groei ook saam met haar allengs al vaster aan hierdie ongenaakbare wêreld en sy mense.

1 in stock

SKU: FIKSIE.CON.065/5/24; FIKSIE.KAN.196/2012 Category:

Description

President Uitgewers

Eerste uitgawe 1985

Hardebandboek met omslag, boek is in puik toestand