Onrus op die oosgrens / D.N. Pfaff

R110.00

Toe die Britse Setlaars van 1820 aan kom was, is die boere van die grensdistrik gekommandeer om hulle na hul plase te vervoer. Een van dié wat met sy wa na Algoabaai gaan, is die agtienjarige Pierre Uys.”  Jy kan tog ten mindte Engels praat,” het sy pa gesê en besluit om hom te stuur.

In die Baai word ‘n gesin aan hom toegeken: John Rowles, die jongste seun van ‘n Britste lord, sy verfynde vrou, twee seuns, albei ouer as Pierre, en twee dogters. Saam met ‘n lang stoet van oor die neëntig waens trek hulle na die Groot Visrivier.

Nog kort gelede het oor hierdie rivier, die oosgrens van die Kaapkolonie, plunderende hordes gestroom en alles voor hulle vernietig. Nou gaan die Setlaars daarheen om die leë plase te bewerk en die grens digter bewoon te maak.

By die murasie van ‘n hartbeeshuisie laai Pierre sy Setlaargesin op ‘n middag af. Met huiwering kyk hulle na die grafhopies wat maar alte duidelik vertel watter lot die vorige  bewoners getref het.

Dis nou hul plaas, hul nuwe lewe dié. Vars uit die stadslewe moet hulle help om ‘n nuwe land te tem. Geen wonder dat John Rowles hom met kommer afvra: Het ek reg gehandel om my mense na hierdie wildernis te bring?

Slegs die tyd sou hom leer. Maar miskien het Jean reeds sy vraag beantwoord, toe sy die volgende oggend haar eerste koppie koffie oor ‘n oop vuur maak en dit met ‘n lieflike, skaam glimlaggie vir Pierre aanbied…

Out of stock

SKU: FIKSIE.CHA.024/24/7/20 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 1965

Hardeband met stofomslag boek lyk splinternuut, klein bietjie verweer op hoek van stofomslag