Sale!

Berig uit die vreemde: ‘n Ierse dagboek / Schoeman, Karel

Original price was: R550.00.Current price is: R190.00.

‘n Ierse dagboek.

In Augustus 1961 is Karel Schoeman, ‘n jong man uit die Vrystaat, na Ierland om daar in ‘n klooster te tree. Berig uit die Vreemde is die joernaal van sy eerste jaar in die buiteland.

Wat as opstelle oor sy ontdekkings en indrukke begin het, skryf hy in sy voorwoord, het mettertyd “iets meer persoonliks geword – ‘n brief huis toe, ‘n berig uit die vreemde, waarin ek gesels, oor die myle heen, oor alle seë en vastelande, met my eie mense, nie slegs met die klein kring van familielede en bekendes nie, maar met al my mense. Wat ek geskryf het, het ek vir hulle almal bedoel, vir alle dorpies en stede en plase, vir al die mense wat ek ooit geken het en almla wat ek nooit sal ken nie.”

 

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALG.009/7/24; FIKSIE.FOR.005/14/9/22 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1966

Hardebandboek met stofomslag, boek nog skoon en netjies maar ligte waterskade bo-aan die boek, en van blaaie gering gerimpel