Sale!

Patoegas / Ioannes Kondulakis

R170.00

Patoegas is die verhaal van die Griekse “Ampie – die natuurkind met sy ruwe maar egte drange.

Dit is in die eerste plek ‘n ironiese liefdesverhaal van stuwende lewensdrif. Maar dit gaan eintlik om ‘n dorpie in Kreta, dié hartland van die Westerse beskawing: om ‘n lewenswyse van snel verdwyn. Aangesien die stad oor die hele wereld wen en die outydse deugde vernietig, is hierdie beeld van gister vir ons belangrik. Ook andersins, vreemd genoeg, omdat wat in die Kretensers se gemoedere leef, nie hulle verre roemryke verlede is nie, maar hul jonger godsdiens- en -vryheidstryd teen ‘n Turkse dwingelandy, ‘n stryd wat eers in dieselfde jaar as ons Anglo-Boereoorlog (1899) vir Kreta tot sy einde gevoer is.

1 in stock

SKU: FIKSIE.VERT.ADR.007/1/2/22 Categories: ,

Description

HAUM

1974

Hardebandboek met mooi voorblad, boek is soos nuut

Oorspronklike titel: O IIatouxas

Uit die Grieks vertaal deur Jan Rabie

Stofomslag deur Marjorie Wallace (Jan Rabie se vrou)