Description
Jonathan Ball uitgewers
Eerste uitgawe 2017
Sagteband in goeie toestand
Geskryf deur bekende geskiedskrywer, dr. Leopold Scholtz.
Dr. Leopold Scholtz is ’n oudjoernalis en die skrywer van sewe boeke, waaronder die gewilde Die SAW in die Grensoorlog (ook in Engels vertaal). Hy was tot 2007 adjunkredakteur van Die Burger en het daarna Media24 se Europese kantoor beman. Hy het in 2013 afgetree, maar skryf steeds gereeld analises oor die internasionale politiek vir verskillende publikasies. Scholtz is in 1997 gerekruteer vir die Reserwemag van die SANW en het by verskeie hoofkwartiere as stafoffisier (kaptein) gedien. Hy was van 1997 tot 2009 ook buitengewone professor aan die Universiteit Stellenbosch en is steeds ’n navorsingsgenoot daar.