Rebecca / Wilna Adriaanse

R65.00

Op vyf en twintig is Rebecca Fagan in besit van ‘n regsgraad, ‘n rugsak, ‘n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op ‘n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy ‘n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek ‘n “regte” werk. Verkieslik een wat opwindend is en ‘n groot salaris betaal.

Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na ‘n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen. Maak nie saak dat die pos nooit in die koerant geadverteer is nie. Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse…

1 in stock

SKU: FIKSIE.CHA.005/15 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerst uitgawe 2004

Toestand: Sagteband nog skoon en netjies – boek is effesn skuins gedruk van die lees maar nog netjies