Rebel op Petrusdorp / Topsy Smith

R80.00

Dis ‘n kreungeluid in die donker buite sy slaapkamervenster wat Jantjie vinnig laat regop sit op sy bed. Wat kan dit wees? As hy net nie stokalleen in die huis was nie … Daar’s dit weer! Nou is daar ook ‘n sleepgeluid.

Gelukkig is Jantjie nie ‘n bang ou nie. Hy trek hom gou aan om te gaan ondersoek instel – en beland daarmee in ‘n avontuur met boewe wat nie sal huiwer om hom dood te maak nie.

En die seun wat saam met hom in die penarie beland, is Ferdie, die nuwe seun op Petrusdorp, aan wie Jantjie en sy maats as ‘n rebel dink  omdat hy hom gedurig eenkant hou. Van die eerste dag dat Ferdie in die skool gekom het, het hy geweier om maats te maak met Jantjie en sy kring. Daarom kan Jantjie hom nie veel nie. Eers wanneer hulle saam in die gevaar beland, kom Jantjie agter hoe ‘n betroubare maat die rebel kan wees.

Out of stock

SKU: JEUG.DON.009/5/518 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Tweede druk 1971

Toestand: Hardeband met mooi oorspronklike stofomslag in mooi toestand, stempel van vorige boekwinkel voorin gestempel

Reeks: Die Jantjie-reeks II