Reise en avonture van Meneer Prikkebeen /Topffer, Rodolphe

R150.00

Meneer Prikkebeen, een van die groot klassieke kinderboeke in Nederland, is nie van Nederlandse oorsprong nie maar was die werk van die Switserse skrywer Rodolphe Topffer (1799-1846), wat ook die bekende tekeninge gemaak het.

Meneer Prikkebeen, lank, lomp en ‘n onvermoeide vlindervanger, is inderdaad ‘n besondere figuur. Tussen hom en sy suster Ursula is daar gedurig onmin, want terwyl Prikkebeen ‘n onweerstaanbare drang het om vlinders te vang, kan Ursula hierdie stokperdjie nie veel nie en moet sy gedurig sy versekering he dat hy daarmee sal ophou. Hierdie botsings word sso erg dat Prikkebeen op die vlug slaan. Natuurlik sit Ursula hom agterna. Op die vreemde reise en avonture wat as gevolg van hierdie ontvlugting en agtervolgting ontstaan, belangd Meneer Prikkebeen in die buik van ‘n walvis. Hier ontmoet hy nie alleen ‘n jong dame op wie hy verlief raak nie maar maak hy ook kennis met ‘n gesette heer, Dik genoem, wat voortaan sy avonture deel.

1 in stock

SKU: FIKSIE.VERT.ATA.108/30/26 (c) Categories: , Tag:

Description

Human & Rousseau

Afrikaanse beryming 1976

Hardeband, stofomslag toon geringe skaafmerkies, inhoud in puik skoon en netjiese toestand

Afrikaanse beryming deur Ina Rousseau gebaseer op “Reizen en Avonturen van Mijnheer Prikkebeen

Oorspronklike titel: Monsieur Cryptogame