Reisiger / Elsa Joubert

R120.00

In 2002 word Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena aangewys as een van die twintigste eeu se honderd beste boeke deur ‘n Afrika-skrywer. Daarmee word die loshangende stukke tou van haar lewe vir haar opgetel en vasgebind, van wat dit is om ‘n Afrikaanse skrywer te wees, om die groot trefkrag van Afrika te verken. Afrika wat haar as enkeling na hom gelok en op reise laat gaan het.

In hierdie tweede volume van haar outobiografie loop Elsa Joubert terug op haar skrywersreis – die reis weg van alle geborgenheid, oor die Limierberge rondom haar geboortedorp, die Paarl, die onbekende in: Afrika, Europa, die Verre-Ooste, Suid-Amerika. Dit is ‘n reis aangevuur deur haar skrywersinstink en die leser kry ‘n openbarende beel van die ontwikkeling van een van die indrukwekkendste oeuvres in Afrikaans.

Out of stock

SKU: BIO.0060/2015 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg

Eerste uitgawe 2009

Hardeband met s.o. nog so goed as nuut

R120