Die rekenaarkomplot / Johan Kock

R120.00

Nie een van die twee het hulle agtervolgers gewaar nie. Die drie mans in die blitsige swart sportmotor volg hulle al vyf dae lank elke dag van hulle huise af tot by die skool en weer terug.

‘Reg’, sê die man langs die bestuurder, ‘ons kan nou laat weet dat alles reg is. Plan X kan nou maar in werking tree. Laat weet meneer Ivanoff ons is gereed!’ Cobus en Ellouise word betrek in ‘n bose komplot, beplan deur ‘n gewetenlose klomp boewe wat vir niks stuit nie.

Lees in hierdie uiters spannende verhaal van die bekende jeugverhaalskrywer, Johan Kock, hoe Cobus stap vir stap gelei word om senutergende wandade te pleeg en hoop dat die ontvoerders Ellouise sal vrylaat…

2 in stock

SKU: JEUG.BIK.012/8/20; JEUG.LIN.(B).051/15/5/23 Category:

Description

Uitgewer: Daan Retief Uitgewers

Datum: Eerste druk 1985

Toestand: Hardeband met mooi gekleurde voorblad, boek nog netjies en skoon, vorige boekwinkel se stempel voorin boek

Omslagontwerp: Alan Nortjé